Aarverkalking

Aarverkalking
Klassifikasie en eksterne bronne
Gesonde are (bo) en verkalkte are
Gesonde are (bo) en verkalkte are
ICD-10 I70
DiseasesDB 1039
MeSH D001161
Mediese waarskuwing

Chroniese hipertensie (hoë bloeddruk) is 'n siekte as gevolg van 'n Westerse leefstyl, en kan lei tot verskeie verdere kwale of siektes. Een van hierdie siektes is aterosklerose, wat weer die begin is van aarverkalking, ook bekend as arteriosklerose.

Aterosklerose is 'n degeneratiewe siekte van arteriële wande waarin die normaalweg gladde intima (binnewand) deur aanpaksels van vetterige weefsel vanuit die bloedstroom verdik word. Die growwe, geel, vettige plake word aterome genoem. Dit veroorsaak 'n vernouing van die arterieë, wat normale bloedvloei daardeur vesteur. Dit dien ook as vashouplek vir trombose (bloedklonte) en kan 'n arterie heeltemal blokkeer.[1]

Arteriosklerose (“verkalkte are”) is 'n chroniese toestand van die groter en middelslagarterieë. Dit word gekenmerk deur verdikking en verlies aan elastisiteit van die wand en vernouing van die lumen (kanaal) van die arteries.[2]

  1. VAN ELFEN: 2001; bl. 49
  2. VAN ELFEN: 2001; bl. 41

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search